Die Kind … Is Dood
Die vroeë oggend se windjie waai koel oor my moeë liggaam. Die nag was lank, warm en sweet het my keer op keer na buite gedryf, opsoek na lafenis.
Die kind, sy het geglo als is mooi, almal is mooi, lelik het nie bestaan in haar lewe nie. Heellaas, ek kon haar nie beskerm! Haar skewe gesig glimlaggies flits verby in my geheue, trek myself na onthou, nader en nader. Ek vou haar toe saam my onder die laken. Veilig.
Haar gegil klink luidkeels in my ore, sagte trane rol uit haar oë, druppend oor haar wange. Die pyn deurboor my hart. Haar ogies vraend, wat gaan aan? Ek sit gillend penorrend. Gaan die seer net nooit ophou? Angs gemeng met sweet slaan soos melaats oor my liggaam uit.
Haal asem! Dis verby hoor ek my eie fluister stem saggies met my praat. Die kind in my is dood, maar ek lewe! Die gif van haat is uit my liggaam. Die smerige tastende hande wat die lewe uit die kind gewurg het is nou stil, veraltyd!
Nooit weer sal jy, fluister ek saggies, vryheid is duur gekoop dink ek terwyl ek wegvaar van die moord huisie.
© Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.