Jongste aktiwiteit:

Varslug

hoë na lae druk
beweeg lug vrylik
laat vullis warrel
deur noustrate en oopveld

nou denke openbaar dogma
volledig in boeke gedruk
dan gou getwiet* in media grepe
en as gemoedpoedings opgedis

lig gebaseerde teorieë
en waai stof die eter in
verval weer met control alt del**
en gaan vinnig lê
in die stof

© Koos Elsum

 

*twiet
(internet) teksbrokkies van nie meer as 140 karakters op ’n slag nie op die sosiale medium
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)

**Control-Alt-Delete (afkorting Ctrl+Alt+Del, is ń rekenaar sluitel / bevel wat ń rekenaar werksessie laat beëindig en die totale stelsel tot stilstand bring om van nuuts af weer te begin




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed