Versedief van Vredendal
Wyl ek laat gistraand
wawyd wakker na woorde soek –
dwaal my denke
na die rampokker vannie kaap
die bra’tjie wat verse
woord vir woord
met lang vingers opraap
wyl ware digters
met Godgegewe gawes
ń eerbare bestaan
uit hartswoorde maak,
skryf jý jou hart uit
met gesteelde ink –
loop jy trots
met ander se passie
en woorde te koop
G E W E T E N L O O S
lag jý in jou mou
terwyl blinde volgelinge
jou in afwagting dophou
vir nóg wat nie joune is nie
Gee jy vir Adam Small
en Phillander
en al die dierbare ander
ń snot klap innie gesig –
en druk sommerso
S K A A M T E L O O S
jou stempel
op ń ander se gedig!
Hoe kyk jy jou ma
en jou mense in die oë,
maar gee ń dooie donner
vir die arms skrywers
wat jy te na kom om?
En ek vra vir jou
#VRENDENDALKONG
hoe slaap jy snags?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.