R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe
skoon gewas in soutwater deining
geskrop deur sandbedding en rotse
leë halwe doppe van die verlede
wie onthou die glibberige slak
met voelers wat daarin was
byna geen spoor van hom
spierwit lê sand bestrooi
oral in weskus tuine
op randakkers
om mooi
te lyk
so
lyk wit
kruise ook
begraafplase
bergrante bedek
van mense wat sterf
wie sal hulle onthou
eerbiedig kniel, bid
soos leë skulpe
is kruise
R.I.V.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.