Vir ‘n kort rukkie
vir n kort rukkie
het ek jou ook lief gehad
het vlinders ook in my maag
rond geswerf wanneer jy
in my oë kon kyk
en jouself daarin kon lees
net vir n kort rukkie
was jy my hele bestaan
was naggeluide die musiek
in my ore wanneer ek
jou stem saggies hoor
en jou glimlag my deurweek
net vir n kort rukkie
het ek jou arms om my gevoel
wanneer jy teen my oor
fluister en sê: vergeet my nie
voel ek jou warm asem
teen my wang
net vir n kort rukkie
was jy deel van my hele bestaan
jou loop, jou kyk, jou praat
het ek ingedrink soos min
want dit is wat ek wou
en jy my vra om te trou
die kortste rukkie se lief wees
vir jou het my lewe beset
was my langste verlange
en hunkering en steeds
maal jou woorde oor en oor
vergeet my nie!!!
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.