Wanneer die Koraalboom blom
hier waar ek in koel lentelug luier
dwaal my oë oor spatsels groen wat guitig loot
verstar my blik opeens teen skeloranje
wat aan blaarlose takke bot
soos opgepofte verevingers
sprei dit uitlokkend oop
penorent soos kokketielkuifies
wat my oë dankbaar boontoe stoot
en al huiwer winter nog in sug
dring helder die boodskap deur
‘n nuwe seisoen is aan die kom
wanneer die koraalboom blom
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek