Jongste aktiwiteit:

vireenselwig

so was dit, en so sal dit weer wees
voorspoed het gekom en verarming het gevolg
sodra die mens sy eie rykdom meer ag as sy dankbaarheid
word sy ereplek in die bestaan van die regverdiges vervang
oorloë het gekom en vrede het gevolg daarop
in voorspoed en meervoud het hul verarm
toe die geldgieriges oorlog verklaar
het baie se patriotisme bedaar

daar is weer oorloë en gerugte daarvan
miljoene mense word daagliks gedood of vermink
geen einde aan die wêreld se gierigheid en myneed
halwe waarhede regeer byna elke land se bestaan
volkere en kulture ontwikkel en vergaan
famielies vorm en breek weer op
kinders verloor respek
vir oueres en hulself

eenkant staan ‘n man en peins
sy gesig opgerig na die horison, daar ver
in sy gedagtes maal die teenstrydighede vel
waar gaan hy sy lojaliteit by moet bepaal
dink hy aan sy kinders se voortbestaan
sy eie voorspoed en aardse rykdom
of is hy dalk ‘n bittereinder
wat vas staan en bly veg

daar langs die man staan ‘n vrou
styf gespan staan sy en hou hom fyn dop
wie gaan hy uiteindelik wees – sterk of bevrees
lojaal staan sy aan sy sy en bid eenvoudig voort
gewoond aan swaarkry is sy en haar kroos
maar ingee en oorgee bestaan nie daar
saam hou hulle die reën wolke dop
êrens sal Sy vaandel verskyn

©Teárlach.



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed