Jongste aktiwiteit:

Vuurvliegieliefde

splinterdruppels vlammetjies vuurvliegie
vlamrooi bakhand vuurtjie uit my hart
tongetjie-gloed die saggolwende duinewiegie
kletter die stilte van die nagkaros se swart

die hand van my hart gloei liefde vir jou
splinter-vreugde vuurvliegie die nag
vlam-gloei ons kinderdrome hier gebou
tonteldoos jou belofte om vir my te wag

nou sit ek hier alleen, sterre splinterreën
lewenslyn liefde uit die holte van my hand
vuurvliegie die mirre wat jou oë reën
soos splinter-druppels verdwyn in die sand

Ewige Almagtige Vlam van my hart
vuurvliegie ook die splinter-druppels van my smart
——————ooo000ooo——————
(© Pieter Mostert)
[Silwer]




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed