
My liefling
kom ons droom weer saam
onder die Kgalagadimaan
onder die sterre se blink
waar die wind se boodskap
deur die gras klink
waar die melkweg se raam
in die spieëls van jou oë baan
en ons liefde as kind
tussen die duine vrede kon vind
waar kameeldorings skadu’s sambreel
vlammetjies hardekool ons harte heel
en ’n duineliedjie van die Kgalagadi
knetter in elke vlammetjie se letter
my liefling
kom ons droom weer saam
in die sluier van die Kgalagadimaan
——-oo0oo——-
(©Pieter Mostert)
[Silwer]
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek