Jongste aktiwiteit:

Vyeblaarvryheid

#Gebedsvers

Vyeblaarvryheid

Dankdeurdrenk giet die more
sy kalbas vol genade
-‘n roospienk wolkkombers-
oor ‘n verskroeide aarde.

En mosterdgeloof
beur bo komkommerplant
En bergop triomf die druiweloot
wat voed die knaend hongersnood.

My velkaros maak ek U woning –
‘n land van melk en land van heuning:
want u is mos Jireh Jaweh
U bring die groot visse in…

Adam, Adam…
Ook ek ken die plek
wat my skaamtewoestyn
met ‘n vyeblaar dek!




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed