Waaksaam (Brons)
2021 se rafia teertourafels
steek nog in smerige skaafsels
toe die son van 2022 breek;
potloodwoorde op papier verbleek
gonsend in die raadsale van Covid
bulder vrae “wat is dit?”
die Bruid verstaan nie die verwarring
besig om met haar afgode te karring
in die aandwind sag wandel Hy
sagte fluistering “Adam, waar is jy?”
sukkelend met verbrokkelde vyeblare
vergete die wit kleed kant en klaar
hoeveel modder en spuug om te berei
vir blinde oë wat moet stop om te stry
Jerigo se mure sal spoedig val
Is jy gereed vir dié trompet se geskal?
© Francois Meyer Januarie 2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek