
Waarheid in die woord
Hoeveel deernis lê in ñ woord
wat spreek van genade?
Hoeveel gal lê verberg
in woorde wat terg?
Die swaard van die tong
sny dieper as die daad
dit is die vrug van die saad
wat leweloos jou leegtap
die tong spreek lewe
waar dood begrawe lê
wat jy aan ander sê
kry ñ lewe in ñ ander dimensie
die manifestasie van ñ lewe
wat begrawe moes bly
sodat ander nie moet ly
in die dwaasheid
van jou uitings nie
woorde in as
of woorde ingegraveer
lê diep verborge in jou eie seer
wat die hart van vol is
loop die mond van oor
laat jou woorde lewe in seën
spreek lewe
die dood verdien nie om te leef
oor jou lippe
gee lewe aan dit wat kies om te leef
en streef om vir ander
in daad en woord
ñ boodskapper te wees
van die waarheid.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.