Wasdae
grof en skurf
is die mure afgewerk
onder lê die betonvloer nat
waaroor koue voete
na ń wastrog sleep
blomrok voorhuisvrou
voetjies goed versorg
loop haar matsag gang
soos in ń advertensiefliek
na haar waswerkplek
ouma sug
handwaswerk was erg
ma knor
masjienwaswerk is aaklig
sus skree dit is robotwerk !
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.