Vraatsigboksie
so selfversekerd neem jy mense in jou mag
vasgevang in ń web kom geen een klaar sonder jou
van boodskap na boodskap
dring jy deur na elkeen se privaatheid
dis facebook, whatsapp, tiktok en nog wat
noem maar op, en elkeen is so bewus van jou
van soetwoordjies tot skelwoorde
van christen tot antichris
reenboognasie het jy in beslag geneem
ń vierkantige klein breintjie met soveel mag
om oud en jonk te manipuleer
jongmense wat weggerokkel word
van net gewoon menswees te wees
miljoene mense miljoene vraatsigboksies
en tog bring jy geen geluk vir niemand nie
want iewers langs die pad
is die menswees in bewustheid
van hierdie vraatsigboksie met n klein blikbreintjie
wat die hele wêreld in sy mag bevind
©️Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.