
Weg Hardloop
die trop hardloop
in vel kleure
saamgevoeg in spoed
snorkblaf rasionaal
die wedren
knal.
huppel oumens, kind
gewaar g’n gevaar
staan gedoom tot
verligting van
amper laaste tot eerste
in dié trop.
oplig koppe stop
kyk luister snuif terug
van ń heuwel kop
laaste roggel ontsnap
in voedsel strot van
aanvaller en trop.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.