Afskeid Spook…
Elke keer bekruip jy my… ongevraagd, los jy jou spinnerak asem in my nek en koggel my normaal tot gek. Ek hou nie van jou nie, want jy’s skelm. In woorde vergoed maar in my hart bly ek boet, skim jy deur my gedagtes tot ou goed, tierlantyn tot ou vergeel in jou kiekie vloek… […]
‘n Krummel van die tafel
Ek staan met ‘n kommetjie in my hand om al die krummels van die groot digmeesters van weleer op te vang, ikone van ons Afrikaland ‘n krummel is al wat ek vra al staan ek net op die digmeesters se drumpel net ‘n woordjie of ‘n rympie dan sal ek nie kla om te volg […]
Versprei
Sy behoort nie aan iemand nie. Sy behoort nie aan ‘n man nie. Haar siel is fyngetrap in stukke getrap lank gelede deur baie mense die stukkies het verpoeier en is opgeneem met die wind en versprei deur die heelal en soms as jy gelukkig is kan jy van die stukkies sien blink in die […]
BEDELAAR
Bibberend staan hy op swart harde teer. Verlore alleen met klere stukkend geskeur. Die oordeels oë wat gly oor sy lyf, Laat sy liggaam met spanning verstyf. Oopgebarste hake, skurf, hard en kaal, Met dowwe swart ogies waar geen lewe uitstraal. Bring hy sy hand met n tuit na sy mond. Verduidelik woordeloos sy maag […]
Herfs kom metr die sekelmaan
sy het gekom met die sekelmaan skugter in die skemer van die nag ek merk haar in die oggendlug verfrissend vars, half onverwag die najaar bloei in roes en rooi bome verkleur in ‘n goue gloed eik, populier en wingerdblaar ‘n grand finale, ‘n laaste groet dae word koeler, nagte langer seisoene slegs van korte […]
Kiekies van my verlede
Gebeure uit my jeug speel voor my af soos ‘n tafereel, soms in sepia vergeel soms in die helder onthou van swart en wit, soms grou ‘n baba wat oopkeel lag ‘n moeder se oë sag herinnerings in brokkies geboks in miniatuur blokkies stories vertel in die hede -kiekies van my verlede
Waar eike droom
Dorpstraat se afgewitte huise (vandag meesal aansitplek vir spyse) neem my op verre paaie plek-plek half verwaai in vergetelheid van tyd die ou meulstroom vind ek nie weer moes seker ook die knie knak voor die aanslag van die tyd maar Eersterivier gaan sy gewone gang kabbelend oor spoelklippe heen my jonkweesdrome lê windverwaaid tussen […]
WATERWAS
Deurskynend drup die reën teen my ruit so vuil. Was weg al die stof wat ongesiens wou skuil. Swaargelaaide wolke, vou saggies om my toe. Terwyl ek die druppels water op my lippe proe. Breek die reuk van skoon, ‘n pad na longe van roet. Waai n koue briesie om vrolik te kom groet. As […]
ONBESKRYFLIKE VREUGDE
ONBESKRYFLIKE VREUGDE. Beloftes wat oorvloedig in my lewe tap, U wat diep spore op my padjie trap, Laat borrelende vreugde uit my mensevlees, Laat my jubelend juig in my weergebore gees. Van stofpaaie met slaggat grond, Bitter lewe wat my siel bly wond. Ruis U nuutgeskepte pot, gemaak van spoeg en klei, Met nuwe asem […]
trouheid
liefde en wysheid het besluit om te trou groot was die samekoms vreugdevol was die gebeurtenis uit hulle huwelik is daar kinders gebore die oudste se naam was integriteit sy het deurgaans sukses bereik tweede was blymoedigheid hy was altyd vriendelik derde het kalmte gekom sy was altyd rustig en wys vierde en jongste was […]