BEDELAAR
Bibberend staan hy op swart harde teer.
Verlore alleen met klere stukkend geskeur.
Die oordeels oë wat gly oor sy lyf,
Laat sy liggaam met spanning verstyf.
Oopgebarste hake, skurf, hard en kaal,
Met dowwe swart ogies waar geen lewe uitstraal.
Bring hy sy hand met n tuit na sy mond.
Verduidelik woordeloos sy maag is n wond.
Van onbeheerste honger wat lewendig vreet.
Smeek hy met sy oë na net iets om te eet.
Maar selfsugtig soos mens is, draai blik vining weg,
Want ander kan net oordeel en dink hy is sleg.
Mensdom word wakker, tel seeninge aan jou gegee.
More sit jy dalk ook op die bedelaar se weë.
Kyk mense op jou neer want sleg moet jy mos wees.
Lewe jy dalk net sy lewe en bevind jouself in vrees.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek