trouheid
liefde en wysheid
het besluit om te trou
groot was die samekoms
vreugdevol was die gebeurtenis
uit hulle huwelik is daar kinders gebore
die oudste se naam was integriteit
sy het deurgaans sukses bereik
tweede was blymoedigheid
hy was altyd vriendelik
derde het kalmte gekom
sy was altyd rustig en wys
vierde en jongste was moed
hy wou altyd die ander beskerm
so was hulle ‘n byna volmaakte gesin
tot liefde en wysheid van mekaar skei
toe het elke kind met sy of haar deug
die huis verlaat om nooit weer
by mekaar te kom
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek