Jou vonnis, jou bevryding….
Hoe swaar lê die vonnis
in jou hart
hoe tragies loop die tyd
nou vinniger uit
in jou uur van nood
staan jou wêreld stil
die skok hang oop mond
hier voor jou
en jy weet nie
hoe om te reageer
die doods vonnis
verkoop in tyd
hoe meet mens
die ongelooflike stryd
as jou asem vlak
saam jou trane weg hardloop
weg hardloop
van die onvergeefse
groot vyand
wat hom so gemaklik
in jou lewe kom huisves het
die vyand beroof jou
en al wat dan oorbly
is die jy
wat niemand al vir jare
meer sien nie
net die jy
wat God geskape het
en jy kyk terug
vol vrede in jou siel
kyk jy terug
en jy weet wat lê vorentoe
net jy
jou God
en jou lewens-vlug
na waar
jy bestem is
net jy
jou God
weet.
Chantelle Holder
© 2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.