
Duskant Hermon
(As mens van Tulbagh af
Kaap se kant toe ry,
by reeds geoeste koringlande
en stapels strooibale verby)
sien jy genade
in die beeste (langs ‘n koel stroom)
teen die wal
en in die ampersomerwolke
– wat soos asem –
oor die kranse
en deur klowe
van ’n Boland blouberg val.
© Carma Shaw
20 November 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek