Jongste aktiwiteit:

Waar eike droom

Dorpstraat se afgewitte huise
(vandag meesal aansitplek vir spyse)
neem my op verre paaie
plek-plek half verwaai
in vergetelheid van tyd

die ou meulstroom vind ek nie weer
moes seker ook die knie knak
voor die aanslag van die tyd
maar Eersterivier gaan sy gewone gang
kabbelend oor spoelklippe heen

my jonkweesdrome
lê windverwaaid
tussen blare onder bome
met hier en daar ‘n spatsel goud
van lank t’rug se onthou

in Stellenbosch se strate
langs Eersterivier se stroom
probeer ek na soveel jare
my herinnerings weer vind
waar eike staan en droom




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed