Jongste aktiwiteit:

WATERWAS

Deurskynend drup die reën teen my ruit so vuil.
Was weg al die stof wat ongesiens wou skuil.
Swaargelaaide wolke, vou saggies om my toe.
Terwyl ek die druppels water op my lippe proe.

Breek die reuk van skoon, ‘n pad na longe van roet.
Waai n koue briesie om vrolik te kom groet.
As donderweer sy aankondiging in my ore kom verklaar,
En blitse helder wit, my in my spoor verstar.

Dan vul my hart met vreugde, met elke waterplons.
Terwyl die storm onverstoord om my wese gons.
Met elke donker wolk, kom reën om skoon te maak.
Dit wat in jou lewe jou hart se klop wou kraak.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed