lyn natmaak
golwe slaan om my neer pêl staan net hier neffens netnou haak jy my effens altyd gereed om te leer swiepende wind ruk golwe skuins druk dit die vislyne nee jong daardie is myne bootjie wil deur see dolwe ruk, ruk my stok van elwe kap hom, katrol, ou maat dis al vis wat hier […]
Skadu van ‘n Siel
Trane druppel-druppel op die wit papier en ‘n hart bloei stil in die donker rivier van ‘n siel se pyn as die dood sy skadu oor ‘n lewe kom gooi en die kyk verdof soos die prent verstil want die vraag is stom en die nag is lank voor die dag kom breek… maar die […]
Jou Hart Is Nou Stom
As die hartseer jou vat soos ‘n hand om jou nek en jou trane loop oor soos ‘n windpomp wat lek sien jy dan nog die dag of die skemer wat daal en die ruiter wat kom om sy loon te kom haal? Met sy mantel van swart wat wyd staan in die wind, die […]
uit die as
daar was mense wat soos Israel vlugtelinge uit lande waar hulle onderdruk was na die donker kontinent van Afrika gekom het om Lig hiernatoe te bring daar was mense wat saamgevoeg was in ‘n vreemde land wat sterk geword het onverskillig geword het hul oorsprong versaak het hul Babilon is afgebreek daar is ‘n land […]
Tanka – 1
Tanka – 1 die nuwejaar lag oopbek van suiwer genot heimweë bottelnek deur dowwe klowe in my as die maan stadig opkom © Anzé Bezuidenhout
sand of klei
die lewe het voete van klei in sagte reën swel dit en gly son bak dit droog en dit bars die hewige reën was dit weg lewe het sand onder sy fondasie met sagte reën sak dit stadig vas son bak dit droog en dit bly staan maar hewige reën was dit weg lewe op […]
En as sy dans
Een vir een klim die klavier noot vir noot swaar sak die klawers in die bas uitgerek en strelend, dralend verweef die note tot net een geheel. En as sy dans word vlees en gees net een, swewend op die vlug van vervoering grasieus streel haar vingers die lug voel haar liggaam die vloei van […]
‘n Nota op jou kopkussing (11)
Kom lê jou kop hier teen my bors kom les by my jou liefdesdors vertel vir my jou hartewens en eet ‘n feesmaal uit my liefdespens ©04/01/2019 Anton Bosch
‘n Nota op jou kopkussing (10)
As die son se lig verdwyn of hy dalk vergeet om weer te skyn sal ek die lig wees in jou donker die één ster wat in jou duisternis bly flonker ©04/01/2019 Anton Bosch
Gebed van ‘n vrou
sonder woorde van vertoon lê ek my hart voor U neer wetend dis vir U ontbloot want U ken dit deur en deur. een begeerte om uit te spreek, dat U my sal was, my weer sal leer van U ligte las, want ek wil U eer, rein hande tot U hef, ‘n dankoffer vir […]