Jongste aktiwiteit:

uit die as

daar was mense
wat soos Israel
vlugtelinge uit lande
waar hulle onderdruk was
na die donker kontinent
van Afrika gekom het
om Lig hiernatoe te bring

daar was mense
wat saamgevoeg was
in ‘n vreemde land
wat sterk geword het
onverskillig geword het
hul oorsprong versaak het
hul Babilon is afgebreek

daar is ‘n land
waar soveel mense
soveel ideologieë verkondig
heeltemal verdeeld en swak
hul enigste hoop
is om saam te staan
onder die enigste God

daar sal ‘n nasie kom
wat sal opstaan uit die as
van hul uitgebrande Babilon
wat as eenheid sal opstaan
uit Afrika se chaos en geweld
verbind met God se wil
sal hul weer Sy Volk wees

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed