sigkuns
golwe jaag resies tot op strande onderdeur, bo-oor duik dolfyne daar woon mense van alle lande van slordigste tot mees ragfyne meeue duik waaghalsig teen wind skiet hoog op en lafeer ewe koud skrop elk en ander fisant se kind vir hom ‘n nes onder fynboswoud so traag die dae en weke dan om waar […]
vir Lewe
Kind in ‘n krip, wonder van eeue aangekondig deur engele word die vreugde van herders, vereer deur wyses besing deur profete totaal hulpelose vlees. Verstom die wysheid van sy tyd slaaf van gewone mense aangekla van egoïsme, gekroon in pyn gesalf in bloed verklaar as boef offer sy gees in vergifnis op. Skarlaken-purper skeur van […]
Leemtes vol
Wat baat jy daaruit om jou lewe lank te jaag na dit wat jou vredeloos laat spoedig hoe jou soeke en giere en geite voorkeur moet kry die eie ek wat net wil hê, hê, hê… die selfsug wat suur net daar lê hoe aards het ons geword met meer en meer goeters huise vol […]
Ode aan die Pen
Die pen staan in al sy glorie Hy wag stil en sterk vir ‘n storie Die pen gebruik sy lyf, murg en bloed Hy beskryf jou glimlag wat jou siel onselfsugtig voed Die pen kom van voor tyd se bestaan Hoe anderste sou ons al die geskiedenis se foute verstaan Die pen is mens se […]
Verruklike Vark
Die diereriem “Vark” Volgens die Chinese is die Vark die laaste dier in die siklus van die Chinese astrologie. In Japannese en Tibettanse astrologie word dit vervang met die Wildevark. Volgens ‘n legende was daar ‘n groot rivier gebou en die diere het in die siklus van volgorde resies gehardloop. Die Vark het gestop want […]
Nuwejaars’reën
Gee my nuwe sig Haal die splinter uit my oog Sodat ek kan sien Waar wolke in die lug blom Wat wyd om die blou lug krul
Veg as die Vyand
Die hele kasteel bewe soos die deur tussen wêrelde oopgaan. Die ligte van die kandelare flikker en gaan dood. Neil hou dit alles sonder emosie dop; hy het dit als vantevore gesien. ‘n Gefluistery kom deur die oop deur. Fluisteringe van verraad. Fluisteringe van rugstekery. Fluisteringe van… Diane sug en hou op om te tik. […]
Modder voetspore
Ek volg die voetspore op die nou veld paaie Ek hoop die dreunende wolke gee my genoeg kans Ek probeer ‘n vinniger pas behou voor ek die padkaart verloor Ek volg die voetspore op die nou veld paaie Ek volg dit sonder om te vra waarheen dit opad is Die oggend lug wat breek met […]
so is dit
soos die seemeeu gillend sweef duikend sweef oor tierende golwe swiepend op, hoog oor alles wat leef bewus van voedselbron waar hy dolwe soos skilpad koers hou weg van see sy treë kort en skuifelend van aard maar doelgerig sonder afstand afgee gestuur deur magnetiese veld geaard so is die hart wat hom aan geloof […]