Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

Leemtes vol

Wat baat jy daaruit
om jou lewe lank
te jaag na dit
wat jou vredeloos laat

spoedig hoe jou soeke
en giere en geite
voorkeur moet kry

die eie ek
wat net wil hê, hê, hê…
die selfsug
wat suur net daar lê

hoe aards het ons geword
met meer en meer goeters
huise vol van niks

en tog het ons nie
meer plek in ons lewens
vir die dinge wat regtig
saak maak nie

soos tyd
en om mekaar
werklik waar te koester
te lewe
in die oomblik
van nou

ons hou ons besig met snert
en wil dan weet
hoekom is ons lewens
so leeg

altyd ñ leemte
wat gevul moet word
oneindiglik
hoe daardie leemte
net groter word

en ons koop en ons besit
so baie verganklikheid
en tog is ons leeg.

© 2019 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

1 Kommentaar

  • Koos Elsum

    Ja nee dit is so die lewe van meeste & ook seker ons sin dankie vir die boodskap. Skryf publiseer waarom so stil? Dit sal meskien ń beter gedig wees as jy meer wys hoe ons materialisties bestaan ons verarm as net om stellings te maak dan kan lesers hul eie gevolgtrekkings maak. Net my opinie

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak