Ode aan die Pen
Die pen staan in al sy glorie
Hy wag stil en sterk vir ‘n storie
Die pen gebruik sy lyf, murg en bloed
Hy beskryf jou glimlag wat jou siel onselfsugtig voed
Die pen kom van voor tyd se bestaan
Hoe anderste sou ons al die geskiedenis se foute verstaan
Die pen is mens se beste vriend
Getrou het hy deur sy bestaan ons bedien
Die pen verstaan wat niemand wil hoor
Sonder twyfel het hy sy merk gemaak
Al het ons, ons woorde saam ons kope verloor
Die pen het net altyd vergewe, hy het aan elke stukkie van mens wees geraak
Die pen het gedans met elke dramatiese versoek
Hy het mens se pyn gedra, sy ink beskryf ons harte se vloed
Die mens vir die pen se meesterstuk vergoed
Onwetend beheer pen swygend die uitkoms van elke boek
Die pen het die eerste aardse oppervlak geskets
Op die plat stuk grond, het hy sonder om ons te twyfel gaan verken
Daar waar hy moes afval
Het hy geskryf, oor die tereinne onbekend, saam reisiger gaan ondersoek
Sy avontuurs verhale uitgedruk in woorde vir ons huislike gerief
Die pen het liefde se stories uitgespel
Om die hart se ritme in woorde te stel
Die pen het trane op papier ontvang
Waar dit woordloos rol oor mens se wang
Het hy dit verander in ‘n swanesang
Die pen was getrou na al die jare
Al het ons hom misbruik
Hy gee die woorde vir die kitaar se snare
Hy gee voorskrifte aan die helende praktyk
Hy spel herinneringe
Hy spel die toekoms uit
Hy spel elke lewende wese se bestaan uit
Die pen staar uitwissing in die oë
na al sy getroue jare
Die pen loer na skerms se mens-vriendlike funksies
Dit ken hy, hy het die eerste program ook geskryf
Sy hande werk los spore in elke bedryf
Hier op die toekoms se blaaie
Skryf ons nog oor die magtige pen
Hier op die volmaakte toestel
Skryf ons nog oor die betroubare pen
Hier waar ons tik op die nuutste, duurste toestel
Sal ons aanhou SKRYF oor die PEN
Alles wat ons lees, op foon, op tablet, op facebook, tot vingertaal
Om mekaar beter te verstaan
Danksy die pen aan ons die onbetroubare mens vertaal
Ons sit en LEES.DIT
Ons sit en PEN.DIT
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.