Jongste aktiwiteit:

vir Lewe

Kind in ‘n krip,
wonder van eeue
aangekondig deur engele
word die vreugde van herders,
vereer deur wyses
besing deur profete
totaal hulpelose vlees.

Verstom die wysheid van sy tyd
slaaf van gewone mense
aangekla van egoïsme,
gekroon in pyn
gesalf in bloed
verklaar as boef
offer sy gees in vergifnis op.

Skarlaken-purper skeur van bo
heilig en Allerheilig word een,
openbaring van God aan elkeen
soekend na Hom –
geroepe om heilig te wees voor Hom
werkend sy gees om lewend te maak
om so die wysheid van die Skepper te ken.

Gewas, gesalf in kruie
word hy soos by geboorte
in doeke toegedraai;
in armoede ontvang,
maar in welvaart
in die holtes
van die aarde neergelê.

Verlate nou die graf
alle twyfel besweer
word hy die meester
wat kinders van gees
van verborge wysheid moet leer
want wat die oog kan sien
is in ink en letters gegraveer.

Elke reël geskryf in klip
‘n aanklagsgeskrif,
disleksie van die siel
word raaisels van die gees,
onbegryplik soos die wind
sal net die Gees
die skeiding bring.

Waarom tog, o mens,
staar jy jou vas
teen ‘n kindjie in ‘n krip,
treur jy oor ‘n gebroke,
stukkende liggaam van vlees,
en rou jy
by ‘n oop graf?

Hierdie man het die aarde formeer
sy sterkte en krag bepaal
en in Hom word alles volmaak!
Deur Hom en tot Hom*
is jy geroep om voor Hom te staan.
Lewendgewend, Majestueus;
Koning van die heelal – U regeer!

© CJ Laing 29/12/2018
* Die Bybel, Romeine 11:36




2 Kommentare

  • Woordsmous

    Sjoe! Ek staan stom voor hierdie werk! |Die evangelie alleen is die krag tot redding, en in hierdie gedig word die reddingskrag pragtig vasgevang, want wat ons hier lees IS die evangelie, die suiwer goeie nuus, woorde wat oore open en harte laat verstaan, woorde wat redding redding bring, Woorde wat hoop gee in 'n hopelose wêreld. Pragtig See-Jay!

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed