As liefde ‘n brood was,
deursuur met omgee
uitgerys met neem en gee
Gebak in die warm van lag
bedel sy die krummels
wat van die tafel val
Sjoe, wat 'n beeld van 'n vrou se liefdeshongersnood! Hoe min omgee, neem en gee en lag is daar in die krummels? Sy is so uitgehonger dat die krummels vir haar genoeg sal wees, 'n feesmaal gemeet aan die honger in haar! 'Bedel sy die krummels'...
Hoe wonderlik word hierdie intense emosie beskryf in net 30 woorde! Eintlik net in 9... woorde!
Woordsmous
As liefde ‘n brood was, deursuur met omgee uitgerys met neem en gee Gebak in die warm van lag bedel sy die krummels wat van die tafel val Sjoe, wat 'n beeld van 'n vrou se liefdeshongersnood! Hoe min omgee, neem en gee en lag is daar in die krummels? Sy is so uitgehonger dat die krummels vir haar genoeg sal wees, 'n feesmaal gemeet aan die honger in haar! 'Bedel sy die krummels'... Hoe wonderlik word hierdie intense emosie beskryf in net 30 woorde! Eintlik net in 9... woorde!