so is dit
soos die seemeeu gillend sweef
duikend sweef oor tierende golwe
swiepend op, hoog oor alles wat leef
bewus van voedselbron waar hy dolwe
soos skilpad koers hou weg van see
sy treë kort en skuifelend van aard
maar doelgerig sonder afstand afgee
gestuur deur magnetiese veld geaard
so is die hart wat hom aan geloof wy
want geloof, hoop en liefde is nie bang
en hy wat vir sy Meester sy lewe toewy
skenk terug wat hy uit genade ontvang
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.