Jongste aktiwiteit:

Modder voetspore

Ek volg die voetspore op die nou veld paaie
Ek hoop die dreunende wolke gee my genoeg kans
Ek probeer ‘n vinniger pas behou voor ek die padkaart verloor

Ek volg die voetspore op die nou veld paaie
Ek volg dit sonder om te vra waarheen dit opad is
Die oggend lug wat breek met sy kombers
Maak die pad vol lewelose mis

Ek volg die voetspore op die nou veld paaie
Ek gebruik dit wat ek sien om te beskryf op my siels blaaie
Ek volg die groot spore met my oë toe
Ek laat my voete blindelings voel-voel

Die reën haal my in
Die kruispad wat ek na staar
Is die moeilikste keuse waar ek my bevind
My kruis wat ek moet verdra

Ek moet besluit sonder om te weet
Links bly nou, regs breed
Ek probeer onbekende nagevolge teen mekaar opmeet
Die onsekerheid begin my stuk-stuk, sonder wete vreet

Vader figuur ek volg jou op jou verdwaalde pad
Die rëen het my in die pad gesteek
Nou staan ek maar deurmekaar, in die verte staar ek na die liggies van die stad
Verlore as tevore, my siel voel bleek

Soos die son die aandlug moor
En die sterre hul prag verloor
Draai ek weg van die prent hier voor
Net om agter te kom, sonder dat ek wou weet, op die nou veld pad, volg my kind in my modder spoor

Deur
Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak