Jongste aktiwiteit:

En as sy dans

Een vir een klim die klavier noot vir noot
swaar sak die klawers in die bas
uitgerek en strelend, dralend
verweef die note tot net een geheel.

En as sy dans word vlees en gees net een,
swewend op die vlug van vervoering
grasieus streel haar vingers die lug
voel haar liggaam die vloei van ritme.

Stadig versnel die tempo, ontvou die volheid
twee entiteite versmelt in een
as sy dans op die golwe van die klank
wat haar meevoer in verwondering.

En die laaste note sterf een een weg
tot die laaste buiging van ekstase
aan die einde van haar dans
Kalm verklarend val die laaste bas.

© CJ Laing 05/01/2019
Erik Satie – Gymnopédies (klassieke musiek)




1 Kommentaar

  • Woordsmous

    In jou woorde sien ek die grasie van die danseres, haar oë geslote, onbewus van waar sy is, net die musiek wat haar dra, waarop sy sweef, nie net in liggaam nie maar ook in gees. Dis vrymakend, die wêreld om haar verdwyn en sy verlaat die tralies wat haar inperk….selfs wanneer die musiek eindig is daar die rustigheid om haar, in haar wanneer die laaste bas kalm verklarend val…as alles in plek val.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander