Die ou seilskepe roep
Blue-shade country shoes negentien-sewe-en-sestig swaai,swaai meraai tingel,tingel jamboree dip-derie-dip-derie-dip-doo-whaa. ‘n Doo-whop old time vergete tyd, verlate draai die wiel sé verlange brand era,’n gevange; Mamma ek wil die seilskip klim; a-ha-a-ha-a-ha. Rebels was two-step stêre fraai nooiens al te vernaam hop skippedy hop, Johnny blou, Kan jy nog jou hotrod onthou? Vuur en vlam Mamma […]
GEWAARBORG.
Dis net ’n paar weke gelede dat almal oor die koue gekerm het. Bibberend en bewend en kletter-tand. En nou is dit lente. Daar is vonkel in die oë, huppel in die stap. Vroumense jeuk om te skrop en poleer. Almal het nuwe lewe, nuwe energie, nuwe lus. Selfs nuwe belustigheid. Seisoene in die natuur […]
Skelet van my see
Diep onder jou blou skelet kom my hart soos poliepe voor wat met sy kuitskietery onder volmaan ovaalvormige gamete strooi; en ek my skelet in jou versteen. So,so in die helder albatros dag sal ek by jou wees in elke koraalrif en ons mekaar se anatomie artikuleer; soos getye en branders woed klou ek aan […]
Die aanstaan van geweld
Oë geplak met pleisters vol stof monde opgekrul sonder tong die lang kronkel slang sluk ons in; almal staar,staar na die martelaar net om wéér gemartel té word. Blits donder die sekondes oor die vasgevange kuikens elke vrou en kind is teikens die martelaar lag vir die balju; Kerk toe meneer,ag nóg ‘n keer! Brand […]
Verwagting; Waar die hotnotsvye blom (ʼn verplasing)
Agter rooikoperduine waar hotnotsvye purper blom; lek ék Erebus my wonde terwyl ʼn nuwe dag triomfanklik uit die aarde se uterus in ʼn oranjerooi songloed verskyn. *Erebus – Griekse mitologie; God van duisternis, seun van Chaos ©Loretta Szikra 20190919
Die leemtes wat jy nalaat
Dit is die leë spasie in jou plek wat my om die hals val terwyl dit my tergend intrek na waar ons mooiste drome nou leweloos ronddraal Maar dis die leemtes wat jy nalaat wat gestalte aan my weemoed gee as dit snags by my inkruip en styf teen my kom lepellê – om die […]
SKOENE VAN GRANATE
Niks is uit sy plek nie. Die groenvyekonfyt staan netjies gepak; in ’n ry, etiket na voor, een agter die ander. Glashouers vol sagte suikerappelkose met rooi wange en swart niekkerbôlls staan ‘n vingerbreedte uitmekaar. Buite koer, kir en roekoek ’n paar duiwe in ’n groot koelteboom. In die blink vertoonkas weerkaats rakke vol ou […]
WINTERNAG
Pa voel nie te wel nie. Die winterkoue sluip rond; ’n ongedierte sonder genade, verstrengel jou met ysige kloue, ’n vriesende asem wat in jou nek blaas. Selfs deur die blink houtvloer syfer die koue deur – bring saam die reuk van vloerpolitoer, stinkhout en klam grond. Die groot los mat is vaal, skif getrap […]
Geleende tyd
Al klouter ek oor kranse en strompel kaatvoet-mank, deur kraters en diep waters sal my hart die tolgeld keer op keer vir jou betaal. Al vry ons twee net nou en dan onder ons wilger langs die dam of op die bankie in die parkie waar tyd verseg om stil te staan – koester ek […]
’n Bossie pikswart rose
As jy my wil ontstel en dalk besluit om weer te bel laat weet net eers die koördinate van jou graf. Tot dan sal ék in stilte wag – met die briefies en die kiekies van hoe gelukkig ons was en ‘n bossie pikswart rose met doringdraad vas. Een pikswart roos vir elke jaar, in […]