Jongste aktiwiteit:

Die aanstaan van geweld

Oë geplak met pleisters vol stof
monde opgekrul sonder tong
die lang kronkel slang sluk ons in;
almal staar,staar na die martelaar
net om wéér gemartel té word.

Blits donder die sekondes
oor die vasgevange kuikens
elke vrou en kind is teikens
die martelaar lag vir die balju;
Kerk toe meneer,ag nóg ‘n keer!

Brand die leë gelofte blikkies,
blik woorde beteken niks;
protester,protester,protester meneer
al die voëltjies fluit,revolusie,grond-water,
waar die woestyn korrels pluis lê.

Pluto het ‘n brandende gat blykbaar:
Hoe diep moet ons grawe?
Grawe die hel af van die Aarde;
Jeremiads remoer kwinkelagtig
smeerlap moeder se trane ploem.

Is daar mars-mannetjies met laserguns?
sodat-ons laser-tag kan speel saam die kuikens,KFC
KEEPING FREE CHILDREN!

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed