Jongste aktiwiteit:

’n Bossie pikswart rose

As jy my wil ontstel
en dalk besluit om weer te bel
laat weet net eers
die koördinate van jou graf.

Tot dan
sal ék in stilte wag –

met die briefies en die kiekies
van hoe gelukkig ons was
en ‘n bossie pikswart rose
met doringdraad vas.

Een pikswart roos
vir elke jaar,
in ‘n verroeste erdekan –
wat simbolies van ons liefde is
en die kleur, van my kroniese verlang.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed