Jongste aktiwiteit:

Terug

TERUG

Die soetmuf papierreuk….

en letters en woorde
stroom deur na die lamplig
tuimel uit soos tevore
en ritsel en voetstap
saggies trap op die stofmat
want Brolloks en Bittergal
wil jou opraap en wegvat

En luister net –
Lúister
wat die fyndruk wil
fluister

*’n Biblioteek was nog altyd vir my ‘n plek van vrede en ontvlugting. As klein dogtertjie wat gesukkel het met angsaanvalle, was die biblioteek vir my ‘n magiese plek waar ek geborge gevoel het en my kon verloor in verbeeldingsvlugte. Die gedig is geskryf toe ek nog baie jonk was en is vir my ‘n nostalgiese herinnering aan een van my gunsteling plekke.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed