Die leemtes wat jy nalaat
Dit is die leë spasie in jou plek
wat my om die hals val
terwyl dit my tergend intrek
na waar ons mooiste drome
nou leweloos ronddraal
Maar dis die leemtes wat jy nalaat
wat gestalte aan my weemoed gee
as dit snags by my inkruip
en styf teen my kom lepellê –
om die môres te misvorm
wat die twee van ons sou hê.
©Loretta Szikra
20190911
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.