Spitsverkeer deur Lynelle Clark
Spitsverkeer is refleksie tyd, veral wanneer jy wag om jou eindbestemming te bereik. Dit is die tyd wat jy werklik luister, hetsy na musiek, die dag se nuus of in gebed met die Hemelse Vader. Ander kere kan dit ‘n heerlike kuier tyd wees. Juis omdat jy en jou reisgenoot afhanklik is van mekaar se […]
Wat sou jy kon doen met ‘n miljoen?
Skryf vir ons in minder as 1000 woorde hoe ‘n miljoen jou lewe sou verander … of nie. Die liedjie van Lucas Maree het op gespring toe ek die eerste keer die opdrag sien. Dit is eintlik ‘n debateerbare onderwerp en was daar ‘n tyd wat ‘n miljoen baie was maar in vandag se terme […]
Vuisvoos
Vuisvoos skakerende strale verlig die blindes se vuisvoosheid en verdoem die voortvarendes tot ‘n dieper duisternis onder verpletterende verwarring van ‘n onheilspellende onderwereld, stry die mensdom teen asemnood, tot die dood berusting bring hoe lank gaan die genadelose gemartel die kinders kwets, of verligting verlangsaam in ‘n skyn van glansende glorie, onder die edel elemente […]
mistig
pikante, dekadente visgereg sag soos sy geweef in diep blou see so laai die miswolke op oor die baai met dagbreek is sigbaarheid min stadig blaai sonstrale daardeur open die baai soos ‘n boek met bladsye van ragfyn strale oranje lig wat woorde in kleure verf ©Teárlach
Tussen ons
Jy is die wind wat woes deur my waai tussen winters’blare het ek jou gevind In ‘n woud so bitter koud het jy in my hart weer ‘n vuur laat brand Jy is my drome wat dwarrel-warrel in die hemel se blou my lag, my huil en vreugde
winter-nag
winter-nag soos die nag oopskeur word donker tussen die sterre en die maan uitgestrooi val die stilte oor die berge dof en ver om die donker te voltooi soos die donker wen sal ek jou drome herken met die stap van die nag bo or die donker sterrenag ons staan in die roerlose straling tussen […]
dit is gedoen
in die omte van my duin het ek gefilosofeer en gedroom my gees het behoorlik gesweef gedagtes het woorde geword woorde het gedigte gemaak gedigte het stories vertel party word gelees ander vergeet gedoen maar nie volbring ©Teárlach
Hier
Dit is laatmiddag toe my bande hand skud met die grondpad. Soos ou vriende in omhelsing kleef die stof aan die rubber terwyl dit kort-kort in omwenteling terugkeer en elke maal weer van vooraf met die sand kennis maak. Ek was nog nooit hier nie maar my siel onthou iets. Ek vermoed dit is my […]
Augustus 2019 projek – Wilde wind
Die Junie-projek se uitslae sal bietjie laat wees, omrede ons besig is om die nuwe kriteria sisteem in plek te kry. Uitslae sal van nou af 30 dae ná afsnydatums op Ink beskikbaar wees. Dit wil sê, die Julie-projek se uitslae sal einde Augustus op Ink beskikbaar wees. Ons het hierdie besluit geneem omrede die […]
My Laaste Dans (Opgedra aan Pappie)
trane kom lê in my oë want skielik kom lê dit diep ‘n herrinnering soveel jare terug ‘n droom wat my hele lewe sal by bly dit kom lê voor my soos daglig by nag en ek beleef dit na soveel jare weer die bed wat induik terwyl ek daar lê ‘n hand wat uitreik […]