Water
Grondwater vloei in donker kanale deurdie aarde onder ń dor skruwe vel in nat are milleniums ongestoord. Vlees en gees verdor soekend na water in predikant en boorman se oppervlakkige redes. Boorman wys uit druis dan ń krag punt in donker stilte in om diepe aar te ontbloot. Stille verslane mense hoes verleë deur predikants […]
COVID-19
Vreesbevange is mense oor die coronavirus die nuus is op almal se lippe, en op al wat ‘n voorblad wat die wêreld aanval oor die hele aardbol heen skrikwekkend en geen genade betoon vir iedereen Siekes en lyke lê in hospitale gestrooi Gesigmaskers word oral gesien Oral heers paniek en kommer Die virus het die […]
kajuit koors
die son skyn helder die maan blink in die nag elke dag is ‘n seën vir my geslote deure en paaie onder beleg verlam die weerklank van my siel buite lewe voëls ongestoord binne net groeiende vrees vir gevreesde infeksie geen inenting nie asseblief net die wil van God © Teárlach
Skaam
Lewens word versteek in stil oue te huise waar stilte heers midde die geraas van verlore, gewonne werklike, emosionele veldslae. Oompie alleen met drank, probleem. tannie eenkant met donker oë, probleem. altwee agter grense wat nooit sluit ń nodelose grensoorlog? ń geaborteerde kind?
Eksamen Saal
Die saal is vol met hol maag gevoel die vloer kraak onder ń swaar kennis gewig wat oral los lê, uit ore geval. Vraestelle val een een op blink bruin vlak flappende vrae wat antwoorde teen wit in swart gebied. Stof staan stil in ligstraal as stoele skuif een begin skryf ander agteroor buig. O […]
Engelehulp
In die klaarligte dagbreek as die son geen spraak spreek oorhandig die reëns gemengde sinjalere skielik hoor jy die hikklank van blyvolle druppels uit die hemelprieël as winter nie wil ophou wolk nie. ©Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte
21 dae in 2020
vandag is vandag en môre is môre gordel jou wapenrusting aan tel jou skild op en hou dit hoog wees sterk en volg Sy vaandel vandag storm daar vyf honderd môre kom daar dalk meer as duisend wat maak dit saak, as Hy met ons is? die vyand kom nie met gewere hy verskuil homself […]
Kraanvoëls op MY AKKER
Daar was prente in die koerant van parmantige kraanvoëls met goue krone op hul kop in die hoofstraat tussen die motors
ou grondpad
in my dag van oorsprong met moederbors gesus toe die somerson in sy skoot val was hy aldeur daar in rus nog kind pyl ons bult-af op die kaskar baan en saam dan moeg tuis by die hang van n maan op staalos se rug ywerig die aarde gekloof later hittig van bloed ons onskuld […]
fynsny
vir iemand toe hy nimmer meer kon wag in lee skoot van vaderhuis was stilte deur gebed gesny en skelm fluister iewers wie was hy strak gelaat sy wederhelf en saad in vrede nagelaat toe ysterperd pad verlaat lewe verkwansel is gese vrouens drank baklei tot in verderf hom verlei vir oulaas besigtig ons die […]