magrietjies
oral in die veld skitter wit blommetjies vroliker as ooit tuur hul na bo selfs onder die skrefies maan is hul gesiggies duidelik omlyn met blaartjies saam met hulle begin die fynbos lewe kry net waar jy kyk begin kleure pastel verf pienk, rooi, pers en oranje reën neer die kunstenaar se verfkwas spat oral […]
Keuses
keuses omsling elke wese deur duidelike aanwysings subtiele drome, toevallige ontmoetings lastige skuldige versoekings, die keuses bedreig die nou. die pad is uitgestip die kaart is egter vertrap deur dae se stap reise na ander se nood alles verskonings om nie nou te vertrek. verandering is ongemak onsekerheid oor seer of genot ń ego spel […]
Doef-doef trokkie(silwer Limeriek)
Oom Faan van Niemandsfontein, met sy eenton-trokkie kom hy verby met ‘n doef-doef daf- en ry hy die hele dorp plat net om vir arme tant Stienie te verpes! ©Morné du Preez
Verrassing Vir Twee
Ons is alwéér oppad dokter toe. In die hitte. In die kar sonder enige lugverkoeler. Ek druk my kop so naby aan die oop gleufie van die ruit as moontlik. Ek weet ek is siek – ek is nie dom nie. Maar hoekom moet hulle elke dag ‘n nuwe toets doen en my inspuit? Die […]
nimf van die baai
nimf van die blou baai met jou rankende lyf kloof jy die water oop blou oë wat skerp kyk hande wat ferm vat bene wat gewig kan dra die see is mos jou lewe die golwe deel van jou branders waarin jy vlieg in groen of blou getooi jou glimlag spontaan seil jy aaneen geplooi […]
slaap
om met toe oë te slaap word beskou as normaal solank die liggaam dan rus soos normaal horisontaal lê om te slaap en rond te stap klink egter vergesog of hoe hoe is dit dan dat so baie mense slaapwandelaars skyn te wees in helder son van middag lê my duin gehul in temperatuur wat […]
Droomland Silwer
saggies trap klaasvakie oor die vensterraam se rand om sy heupe swaai ‘n sakkie vol goue droomland sand tik-tak tik-tak steun oom horlosie op die rak klaasvakie steek sy hand diep binne in sy sak grootoog lê die kleinding onder sagte dons en gaap goue droomland sand gaan hom baie gou laat slaap maanlig gooi […]
Kuiergaste
dis die aansit by ń maaltyd van gesels wat elke mond laat praat. liefde vir geregte is gesetel in gesamentlike menu voorgesit deur geslagte aan elke kant. die gesels is ń lag simphonie die vrede van volmaag satisfaksie. dan draai ń maag van te veel lekker die gesels nou gefoseer in groot privaat nood.