slaap
om met toe oë te slaap
word beskou as normaal
solank die liggaam dan rus
soos normaal horisontaal lê
om te slaap en rond te stap
klink egter vergesog of hoe
hoe is dit dan dat so baie
mense slaapwandelaars
skyn te wees
in helder son van middag
lê my duin gehul in temperatuur
wat golwend vervaag oor die see
bykans niemand stap dan rond
ouer mense vat middagslapie
jonger mense bly in koelte
en tog roep die golwe my
met hul knaende kreun
wat ore sus en steun
wie kan werklik slaap
in die helder sonnige dag
ingedagte word is moontlik
maar in die mooi see tonele
word ‘n lewens storie vertel
wat harte vasvang en bind
siele vervul met blydskap
waar vaak vervaag
in lewende slaap
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.