nimf van die baai
nimf van die blou baai
met jou rankende lyf
kloof jy die water oop
blou oë wat skerp kyk
hande wat ferm vat
bene wat gewig kan dra
die see is mos jou lewe
die golwe deel van jou
branders waarin jy vlieg
in groen of blou getooi
jou glimlag spontaan
seil jy aaneen geplooi
waar is jou huisie nimf
rusplek van jou geluk
wie vind jou daar bemind
met elke vlaag wind
wit sproei in jou hare
bly jy die see se kind
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.