wes van kus
sal ek my geskenke bring karige bymekaargeskraapte ootmoedigheid van geestelikheid verroeste ploegskaar van die plaas vol gate wat leeg verloor is aan boute en moere wat alles aanmekaar moes hou vele kere se onverdiende oorlewing na lewensonderbrekende slae wat temper en uitslaan al wat duik kan wees wat olie giet op wonde wat […]
Wie is jy?
Wie is jy? Ek verdwaal in die gange van gister, om die hoeke van môre. Soek die stukke van wat ek was en moet wees. Jy wil swem in die see van die lewe, maar verdrink nog in die poele van die hede. Ek soek na iemand wat my kan verstaan en […]
Vir jou sktyf ek ñ huldeblyk
Vir jou skryf ek ’n huldeblyk… Jy het my geleer hoe om na die lewe te kyk. Ek hou my soms nog slim, maar jy het lankal reeds geleer. Jy het ook eens gedroom, in ’n normale lewe gewoon. Tyd het iewers jou sterk liggaam kom verloën. Iets waaroor ek en jy […]
moraalfilosofie
hoe behoort jy te leef watter reëls behoort jy te volg volg jy antropologies, slaafs ’n tendens die: “dit-is-die-regte-ding-om-te-doen” of bly jy by jou kulturele erfenis waar jy jou etiese beginsels op alles probeer toepas dit wat jou karakter verteenwoordig of buig jy voor die bose immoraliteit in ’n amorele onverskilligheid van que […]
As dit popcorn reen
Brons Gisteraand sit ek rustig voor die TV, minding my own business, toe daar skielik ‘n helse slag van buite in die tuin my begroet. Dit klink soos crackers wat afgaan, en ek wil-wil my net vervies vir die buurt se kinders wat so vir kwaadgeld rondloop. Dis mos weer Halloweentyd! Eers wil ek opvlieg, […]
Die bosveld ligtoring
Die Bosveld-ligtoring Op hierdie ou lewe se paaie het ek geloop, gedwaal en ook verdwaal. Daar was ’n tyd wat ek geglo het die see en sy meeue sal my vir altyd omvou. Daar was die keer toe ek geglo het die rooi Kalahari-duine het my waardeer. My kompas in die […]
Dit is tyd vir opgee
Dit is tyd vir opgee… Harde bene het hierdie lewe jou al laat kou. Oorloë het jy geveg, omgeval en voortgeveg. Soms gewen, soms verloor. Moeg het jou aan die hand kom vat en gesê: alles is reg, gee maar op. Nou is die beste tyd om net te laat gaan, […]
Vreemdeling
Vreemdeling… Ons het saam op tone gestaan, om by te kom dit wat ma hoog laat staan. Ons het saam ons eerste fiets gery, hard geval en seer gekry. Die rowe het ons nog saam afgetrek. Die byekorwe met ketties geskiet tot hulle ons steek en pa ons boude laat brand. […]
Nadat jy weg is
Nadat jy weg is… Eens was jy my gelukkige plek gewees. Ons kon alles deel. Eendag toe is jy net skielik weg. Die lag, die saam huil of soms net wees, het jy saam met jou gevat. Tyd het aangehou loop met sy ou verweerde skoene en het ons toe saamgesleep. […]