Is ’n ‘Digitaal-algoritmiese Jesus’ die nuwe begin?
Ek sit voor my skootrekenaar, besig om te werk aan ’n artikel vir ’n christelike tydskrif. Skielik pop daar ’n venstertjie op wat sê: Its time to upgrade … ! (Dit is tyd om op te gradeer). Dít het my denke geprikkel met die vraag of Jesus ook “opgegradeer” moet word; en of ons net […]
nog iets anders
gedagtes swiepende, vlietende oomblikke van terugblik in tandem van tyd oorsaaklike gevolge van hoekoms ook waaroms, gesplete persone drome aangename togte op wolkemassas soos wolkomberse in winternagte wat al wat lelik is verberg in visioen wat mooi en verdraagsaam kan wees realiteit deurwinterde ervaring van sinisme oorbergse reistogte […]
My bedlampie
My bedlampie Haar kyk is hard. Asof dit nie my ma is nie. Ek stap van die trappe af en kyk stip na haar, maar dit voel asof sy na ’n vreemdeling kyk. Dit is in totale teenstelling met die tyd toe sy my op skool by die koshuis kom haal het. Haar gesig het […]
Vandag, vir vandag geleen #silwer
Vandag, vir vandag geleen Vanoggend het die nuwe dag se gloed my uit die bed kom haal. ‘n Goue straaltjie het saggies sy weg gevind tot teen my kas se deur. Dis asof hy wou sê: “Ontwaak jy wat slaap, en staan op uit die nag se dood; vir jou wil ek iets nuuts wys.” […]
Die eerste tree
Die ketel fluit sag op die stoof, lekker sterk rooibostee is altyd ’n troos vir ’n mens se siel. Lien Meiring haal stadig asem en leun liggies teen die koue marmertoonbank, net lank genoeg om nie so verlore te voel nie. Skielik voel haar bene swaar en haar asem minder as wat dit ooit vir […]
Nuwe asem
Nuwe asem Alles is ‘n gejaag na wind. Die Prediker was toe al die tyd reg. Francois vee die papiere met die paar geskrewe reëls daarop met een handstoot van die bed af. So al asof die woorde daarop ‘n slang is wat pik. Tog blý die woorde koggel. Sy brein is suf. Hy kry […]
ravyn
die klowe van sy brein raak al hoe groter en wyd fisiese gebeurtenisse beteken op sy breinstempel se databasis gisters word vandag se klaarheid vandag se realiteit verdwyn in mis so kom en gaan die see uitsigte van sy balkon deur digte mis tot helder sonskyndae wanneer alles blink duidelik opklink in Mozartnote […]
kierang
kierangkierietjies dwarrel oor my duin stofstrepies van onthou die klein speletjies van ouds wat goud in my dageraad bring saam met eerstelig gebeur dit die onthou env erlang daarna om nog een keer jonk te voel regtig uitbundig kleuterjonk uitgesproke kind van mens sonder vrees of trane al is dit net in gees […]
Herbegin #silwer
Die môrelig huiwer waar die horison ou wonde oop kraak, sodat lig sy vingers daarin kan steek. Die verlede se skerwe glinster vaagweg in die sagte skemering van die vroeë oggend soos vêr af sterre. Dun goue drade van’ie son smelt oor die skaduwees soos ‘n warm omhelsing om die dag in te […]