4de Skryfkompetisie – Ink.org.za (1 Desember 2017 tot 31 Maart 2018)
Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Groep 7 en SAVryskutskrywer is bereid om weer ons INK-lede (digters en skrywers afsonderlik!) te borg vir hierdie kompetisie. Die wenners sal op die gala-aand volgende jaar (Datum sal nog aangekondig word in 2018) aangekondig word en dan ook persoonlik hulle pryse van die borge ontvang.
Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en MOET ‘n geregistreerde en betalende lid wees om te kan deelneem.
Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke GEEN redigeerwerk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.
Daar is ‘n eerste plek in die gedigte ASOOK ‘n eerste plek in die verhale en dit is nie waar die goeie nuus ophou nie … ons het ook ‘n 2de prys in elke afdeling
Ingeskrewe lede van INK kan deelneem aan die beplande kompetisie in 2 afdelings nl boeke en digbundels wat in 2018 geloots word.
Die inskrywings word deur INK geadministreer en die 10 bestes in elke afdeling deur die INK moderators gekies en aan die borge voorgelê vir beslissing. Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie en die beslissing is finaal.
Eerste prys borg (gedigte & verhale) Groep 7 drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd
INK stuur aan Groep 7 die top 10 gekeurde manuskripte . Skrywers moet die volgende voorsien:
- Die naam van persoon wat die taalkundige versorging gedoen het.
- Inligting vir die buiteblad se ontwerp (lokteks, foto/skets/foto skrywer of digter) waarop die skrywer kopiereg het. (Sien inligting op groep7.co.za)
- Voltooide vorm invul wat deur INK aangestuur sal word aan die top 10 om die nodige ISBN nommer te bekom
- Groep 7 doen:
- Bladuitleg en buitebladontwerp vir al 10 en voorsien ‘n proefboek op die gala-aand.
- Kies 1 wenner uit die 5 finaliste vir elke afdeling en wenners ontvang bykomend:
- Registrasie van ISBN.
- 50 gedrukte boeke nadat die proefboek goedgekeur is.
- Beskikbaarstelling op Groep 7 se aanlyn boekwinkel.
- Indien die 8 ander in die top 10, wel hulle boeke wil laat druk, is die professionele voorbereiding reeds gedoen en hulle betaal net vir die drukkostes wat ’n baie groot besparing te wee bring.
- Hierdeur wil Groep 7 poog om die standaard van self-uitgewery te verhoog sodat dit in lyn is met die tradisionele uitgewers en boeke in die handel.
2de prys borg (gedigte & verhale): SA Vryskutskrywer
1. Die tweede pryswenner in die kortverhaalkategorie ontvang ‘n aanlynskryfkursus van SAVryskutskrywer
2. Die tweede pryswenner in die digkunskompetisie ontvang ‘n aanlynskryfkursus van SAVryskutskrywer
Dit sluit in kursusmateriaal sowel as afstandonderrig en ‘n Sertifikaat van Voltooiing, mits die kursus bevredigend afgehandel en die vereiste slaagsyfer behaal word.
Mag elke lid op INK hierdie goue leentheid aangryp en inskryf!
Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Anzé
8 Kommentare
-
-
neels
Baie dankie Anze en dankie aan groep 7 ek is beslis in
-
Viooltjie
Dankie vir die lekker nuus, Anze.
-
Koekekranka
Uiters dierbaar van julle en -skaamtevol 'n ietwat laat- baie dankie vir die genoeglike Gala-aand. Julle was almal sterre!!!
-
Vonnie
Baie dankie Anze. Hierdie keer is ek ook baie beslis in!
-
Marike@ink
Hallo, ek is nuut, waar skryf ek in? Dankie, Marike
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Anze, 1 Desember 2018 tot 31 Maart 2018 is so 'n bietjie verwarrend?