Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 1

HOOFSTUK 1

Soos in elke beroep het ook prostitusie sy verskillende vlakke in die samelewing. Dit wissel van meisies wat op die straathoeke staan, die laagste vlak, die wat in gesellinklubs werk, wat n bietjie hoër vlak is, tot die hoë klas prostitute wat n enkele kliënt of twee het wat vir haar sorg en haar onderhou. Dit is die top van die leer en elke prostituut of sekswerker se droom.

Gewoonlik beding hulle n pakket met hulle kliënt wat n woonstel, n motor en lewensonderhoud insluit. Hierdie lewensonderhoud kan ook n kredietkaart insluit wat sy kan gebruik soos sy wil. In ruil hiervoor word sy dan die persoon se minnares. Die heel slimmes sal soms twee kliënte aanhou wat vir haar sorg sonder dat die een van die ander weet, sy moet net sorg dat sy haar afsprake met hulle reg reël dat hulle nie mekaar ontdek nie. Daarom sal sy dit ook as n voorwaarde stel dat sy slegs per afspraak besoek mag word.

Dit is vanselfsprekend dat net die super rykes sulke meisies kan bekostig en is dit dus maar min van hierdie meisies wat die top van hierdie leer bereik.

Shireen Hatfield is een van die wat die top van die leer bereik het. Dit was nie maklik nie maar het sy uiteindelik daarin geslaag om uit die stad se agterstrate op te styg en een van die stad se voorste aandele makelaars se minnares te word.

Nadat sy skool verlaat het het sy in die stad gaan werk by n rekenmeesters firma. Dit was beslis haar vroulike indrukke wat haar die pos besorg het en nie haar verstand nie want sy is maar n gemiddelde meisie wat intelligensie aanbetref.

Met haar lang blonde hare, vol lippe en vol middelmatige ferm borste spreek sy sensualiteit uit wat dadelik mans se koppe laat draai. Voeg daarby n paar pragtige bene en jy het die volmaakte prentjie van n seks simbool.

Shireen was van sestien jarige ouderdom al bewus van haar vroulike bates en het besluit om deeglik daarvan in haar lewe gebruik te maak.

Haar vroulike bates het sy begin gebruik in kuierplekke om mans te verlei om vir haar drankies te koop. Shireen se ouers was alkaholiste en het nie n flenter oor haar kom en gaan omgegee nie. Dit het haar voorneme gesterk dat sy wil uit uit die omstandighede waarin sy woon en n beter lewe te voer.

Sy het gou geleer om ook haar vroulike bates te gebruik om mans te verlei om haar te betaal vir seksueke gunste. Dit het haar die geld gegee om vir haar te koop wat haar ouers nie vir haar kon of wou koop nie.

Shireen was agtien jaar oud en pas uit die skool uit toe sy die pos bekom het. Die salaris was nie groot nie en het sy besluit dat sy nou volle geleentheid het om n luukse lewe te voer. Sy sal egter haar inkomste moet aanvul as sy haar drome wil verwesenlik. Die eenvoudige ou woonstelletjie wat sy saam met n vriendin moes deel om die huur te betaal was nou nie haar idée van n luukse lewe nie.

Sy het haar saans voltyds tot prostitusie gewend en saans by n gesellinklub begin werk. Dit was egter nie vir haar die ideale inkomste aanvuller nie want die mans wat die klub besoek het baie seksuele vereistes en grille gehad wat sy nie altyd mee kon saam gaan nie. Verder het dit veroorsaak dat sy nie snags genoeg slaap kan kry om haar volle aandag aan haar werk te kan gee nie.

Eers het sy in n derderangse klub begin maar het sy gou in een van die voorste gesellin klubs in die stad begin werk om met die meer rykes in aanraking te kom.

Shireen het besef dat sy n ander plan sal moet maak, sy wil ook nie die res van haar lewe in n gesellinklub werk nie. Die ideale oplossing sal n ryk “sugar daddy” wees wat vir haar kan sorg en luuks laat lewe en was dit haar voorneme van die begin af toe sy in die hoëklas gesellinklub begin werk het om daar so n “sugar daddy” in haar nette vas te vang.

Die geluksgodin het vir haar geglimlag die aand toe die ouerige Stephen Morrison die klub besoek het. Hy het dadelik haar oog gevang, ouerige man met grys hare maar baie netjies aangetrek, duidelik van die stad se voorstes en beslis een wat stink van die geld.

Sy was toevallig oop op daardie oomblik en het sy oudergewoonte langs die nuwe kliënt gaan sit en haarself voorgestel. Hy het homself aan haar voorgestel en het hy vir hulle drankies bestel.

Shireen het gesorg dat haar swart laehals sybloes meer van haar ferm borste vertoon as wat dit moet elke slag as sy vertroulik vooroor buk om n intieme atmosfeer te skep. Die swart miniromp het ook so effens hoër opgeskuif om haar welgevormde bobene te vertoon.

Gou het hulle begin gesels en het hy teenoor haar uitgepak oor sy ongelukkige huwelik, ou vervelige storie wat sy hoeveel keer moes aanhoor.

Na n uur in die man se geselskap het Shireen besluit dit is tyd om n bespreking met die man te bekom anders mors sy haar tyd want haar inkomste hang van besprekings af.

Vertroulik het sy haar hand op sy been gesit, bietjie laer af gebuig en gevra: “ Stephen wil jy my nie bespreek nie. Dit is so onprivaat hier. As jy my bespreek kan ons vir twee ure in my kamer vertroulik gaan gesels en ek kan jou wys wat werklike liefde is. Jy het seker lank laas die warm liefde van n vrou ervaar”.

Stephen het geval vir haar en haar vir twee ure bespreek wat hy dadelik met sy kredietkaart betaal het.

Toe hulle in haar kamer kom en sy wou begin ontklee het hy haar verras toe hy sy hand ophou en sy kop vir haar skud. Hy het vir haar gewys dat sy langs hom kom sit en vir twee ure lank het die verhaal van Stephen Morrison voor haar ontvou. Dit was duidelik dat hy iemand gesoek het om sy hart teenoor uit te praat en het hy sy hand op haar been gesit. Sy het haar hand ook op sy been gesit en het hy van sy lewe begin vertel.

Hy het vertel hoe hy as arm man in die makelaars firma begin werk het en hoe hy gewerk het totdat hy n vennootskap kon inkoop en later die ander vennoot uitgekoop het om die alleen eienaar van die firma te word wat uitgebrei het tot een van die grootste aandele makelaar firmas in die stad.

Hy het ook vertel hoe hy op 25 jarige ouderdom met Rebecca Cohen getroud is, n gereëlde huwelik tussen die twee families. Hulle het twee seuns, Abie en Nathan, wat Israel toe is om daar te gaan werk en net een maal n jaar Suid-Afrika toe kom en hy en Rebecca gaan eenmaal n jaar Israel toe.

Hy het vertel hoe hy en Rebecca al verder uit mekaar gedryf het omdat sy ook n baie aktiewe sosiale lewe gehad het en dat daar geen gevoel tussen hulle is nie. Sy het dit vir hom gesê maar ook dat hy dit nooit moet oorweeg om haar te skei nie. Omdat hulle in gemeenskap van goedere getroud is sal sy hom dagvaar vir die helfte van alles wat hy besit en dat hy nie kan bekostig om haar te skei nie. Ook erken die Joodse geloof nie egskeidings nie en as hy Rebecca sou skei sal hy uit die Joodse gemeenskap uitgestoot word.

Dit was op hierdie stadium van die gesprek dat Shireen begin besef het dat Stephen n ryk vangs kan wees, sy moet net haar kaarte regspeel om sy voltydse minnares te word. Dit sal egter n tydjie neem maar het Shireen besluit sy is bereid om te wag, sy moet nou net verseker dat hy haar weer sal kom besoek.

Shireen het haar hand op sy been hoër opgeskuif en gevra: “Stephen en nou het jy ontdek dat jy n werklike diep behoefte aan n vrou se liefde in jou lewe het”.

Stephen het sy kop geknik en geantwoord: “Ja Shireen ek het n groot behoefte aan n vrou se liefde”.

“Ek is bereid om dit vir jou te gee. Ek weet ek is baie jonger as jy maar ek het maar n swak vir n ouer volwasse man”,was haar antwoord.

Stephen het sy hand ook hoër opgeskuif en gevra: “Is jy seker Shireen. Ek is agt en vyftig en jy is seker nie ouer as vyf en twintig nie”.

Shireen het haar hand nog bietjie hoër opgeskuif: “Ja Stephen. Ek het ook n dringende behoefte aan n man wat my lief het en deel van my lewe wil wees. Ek gaan my sel nommer vir jou gee en ek is tot jou beskikking net wanneer jy my nodig het”.

Shireen het op daardie stadium die leiding geneem en Stephen teen haar vasgetrek. Sy het alles in die warm passievolle soen gesit wat sy vir Stephen gegee het maar was hulle twee ure toe om.

Net voor hulle terug gegaan het kroeg toe het Stephen sy beursie uitgehaal en vir haar n stewige bedraggie by haar borste ingedruk wat sy dadelik uitgehaal het en in haar bedkassie se laai gebêre het. Die beloning was nog n warm passievolle soen.

Na Stephen se vertrek het Shireen lank en ernstig nagedink en was dit toe sy finaal besluit het sy gaan alles in die stryd werp om te verseker dat sy Stephen Morrison se voltydse minnares word.

Vir twee dae het sy nie n woord van Stephen gehoor nie en toe skakel hy om haar te bespreek vir die aand vir drie ure.

Hieroor was Shireen baie bly want sy het al bekommerd begin raak dat Stephen dalk verdwyn het.

Toe hy die aand instap het hy dadelik met sy kredietkaart betaal en is hulle kamer toe. Shireen het haarself voorgeneem dat sy Stephen wil bed toe neem vanaand want sy wil hom wys waartoe sy in staat is.

Toe hulle in die kamer kom was sy dadelik in sy arms en terwyl sy hom warm en passievol soen het sy hom begin ontklee. Dit was nie lank nie of dit het die nodige effek gehad. Stephen het haar ook begin ontklee en is hulle bed toe om saam in die liefde te verdrink.

Na n uur van n intense liefdesdaad as alles verby en het hulle net in die bed gebly en gesels. Dit was toe Shireen haar eerste net begin span. Sy het vir Stephen meer van haarself vertel en dat sy in die klub werk om haar salaris aan te vul. Sy het hom vertel van haar eenvoudige woonstelletjie wat sy moes deel.

“Liefling ek wil uit hier. Ek wil my eie plek hê en ek wil net joune wees van nou af”, het sy die saadjie in Stephen se gedagte geplant.

Hy het egter nie gereageer nie en was die drie ure gouer om as wat sy wou gehad het. Hulle moes inderhaas saam stort en het Stephen weer n stewige bedraggie aan haar oorhandig.

Vir vier dae het Shireen niks van Stephen gehoor nie en was sy naderhand benoud dat sy haar hand oorspeel het en dat Stephen nou koue voete gekry het.

Groot was haar verassing toe hy die Vrydagmiddag skakel en haar uitnooi om die naweek saam met hom deur te bring op n wildsplaas naby die stad waar hy vir hulle n chalet bespreek het.

Shireen het dadelik ingestem en vir Stephen haar adres gegee waar hy haar kan kom oplaai. Sy het die klub geskakel en gesê dat sy die naweek nie beskikbaar gaan wees nie en is na werk direk na haar woonstel toe om haar tassie vir die naweek te pak. Sy en haar woonstelmaat deel ook maar net die woonstel en was verduidelikings nie nodig nie.

Dit was net na ses toe Stephen aan hulle deur geklop het en is hulle in sy luukse Mercedes-Benz weg wildplaas toe.

Dit was n fantastiese naweek. Shireen het alles in die stryd gewerp om seker te maak dat Stephen die naweek saam met haar geniet. Hulle twee nagte was passievolle liefdesnagte en in die vroeg oggend ure het Stephen sy liefde aan Shireen verklaar.

Vir haar was dit soos musiek in haar ore want toe het sy geweet, sy is oppad om haar doelwit te bereik. Weereens het Stephen haar ruimskoots vergoed vir die naweek en as dit die aanloop tot nog wegloop naweke oor n tydperk van ses maande.

Na ses maande het Shireen besluit die tyd is nou ryp om tot die volgende stap oor te gaan. Dit was weer op n liefdes naweek wat sy vir Stephen vertel het dat sy nie so kan aangaan nie. Sy het hom lief en hy vir haar en sy wil net aan hom alleen behoort.

Dit was toe sy met die voorstel kom dat hy vir haar n luukse woonstel huur en dan kan sy haar volle aandag aan hom gee.

Stephen het geval daarvoor want hy het ook al meer die idée begin haat dat hy Shireen met ander moes deel.

Sy het haar woonstel gekry, n motor gekry, haar eie kredietkaart en het sy haar werk by die gesellinklub gelos want sy het die inkomste nie meer nodig gehad nie, Stephen het ruimskoots vergoed vir die verlies van daardie inkomste.

Shireen was egter nie lank hiermee tevrede nie en het daarop begin aandring dat Stephen sy vrou skei. Hy het weereens verduidelik dat dit nie moontlik is nie en het Shireen besluit dat daar dan n plan sal moet gemaak word om van Rebecca ontslae te raak.

Dit was duidelik dat skei nie n opsie gaan wees nie want sy stel ook nie in n verarmde Stephen belang nie.

Daar bly dus net een opsie oor en dit is om Rebecca te laat vermoor, sy moet dus iemand kry om van Rebecca ontslae te raak.

Niemand vermoor iemand verniet nie en om so n iemand te kry is ook nie so maklik nie. Na bietjie navorsing op internet het sy ook besef dat dit baie geld gaan kos en is daar altyd die risiko dat die moordenaar gevang kan word en dan haar verraai dat sy saam aan die pen kan ry of staatsgetuier kan draai en sy dus die volle blaam sal moet dra.

Na lang oorweging het Shireen besluit sy gaan self van Rebecca Morrison ontslae raak, sy gaan haar beplanning deeglik doen en die volmaakte moord pleeg.
So deeglik dat nie eers Stephen n vinger na haar kan wys of haar verdink nie.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed