Een vroegaand in Desember
vyf flaminke oor die swart rivier
hoe blink blink die blinkwit maan
hoog bo die vuil van vaal fabrieke
en die grys van die teer
wat daarnaas baan
sewe ganse teen die silver lug
reeds lê die son in die see
ver onder meeue op hul skemer vlug
en ‘n brug wat sement
oor die lou N twee
‘n blouvalkie fladder – een-alleen
(die aandster het verskyn)
op soek na prooi tussen gruis en gras
voor die laaste lig
in die nag verdwyn
dis die Bolandberg’ wat so amber gloei
en die rooi aanduur . . .
wat oor haar kranse bloei
© Carma Shaw
17 Desember 2016
3 Kommentare
-

Marisa Labuschagne
Ek hou van hierdie gedig, maar veral " die rooi aanduur wat oor haar kranse bloei". Dit is besonder mooi gestel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Carma wat kan ek sê, puig gedoen so lewendig mens leef dit in