BYDRAES na tema gesorteer — MEI 2017
MEI 2017 BYDRAES na tema gesorteer
Van die kategorië wat ek wil gebruik, staan sommiges al: Daar het reeds ‘n paar nuwes daartoe gekom.
TAALSPELETJIES EN TAALOPSTELLE
TAALSPELE
soos my AGTERSTEVOORSTAALTJIES Kolskoot, Skepdrie en Skilderprys. . . en dan spele met die MOONTLIKHEIDSVORME (Moontlik is Alles). . .
asook SIRKELVORMIGWEDERKERENDVERHALE . . . en andere. Dan nog my beroemde (beroemde? Hnnh!)
TAALTIRADES
KATEGORIE — Oor die WOORD as artikel of rubriek
KATEGORIE — Oor die TAAL ”
KATEGORIE — Eienaardiges, snaakse verskynsels ” altesaam so twaalf stuk
[byvoorbeeld @, swemster, . . . usw.]
KATEGORIE — nogiets en nogiets en nogiets . . . (Dit kom nog)
☼
? (Hou hierdie spasie dop)
☼
BOEK EN FILM:-
Die gedagte het opgekom terwyl ek fimresensies geskryf het waarby ek ook die boek gelees het. So ontstaan toe naby mekaar die resensies
Tussen Hemel en hier, Die Medikus, Die Muur
en die rubriek Boek en Film.
Daartoe tel ek, by voorbeeld die resensies Ek en Kaminski, Dan die Reën (eerder ‘n halwe uiteensetting oor die ,making of’ van ‘n film),
beslis kom ander titels in die verloop van tyd daartoe, maar hulle sal na verskyningsdatum tussen al die ander verskynsels gestrooid wees.
☼
KINDERSIELKUNDE EN SPROKIES:-
Toe ek die resensie Finn en die Toorkrag van die Musiek skryf, kom by my ander sprokies
voor oë, byvoorbeeld Peertert met Laventel, Bach in Brasil, Brooklyn, Tussen Hemel en Hier, Kruisweg, Precious, In ‘n beter Wêreld, Bal, Heuning, Wadjda, Die Seun met die Fiets — almal resensies. Altwee soorte sprokie: diegene mét ‘n goeie uitgang en diegene daarsonder. Beslis kom ander stukke met soortgelyke temas, dan voeg ek hulle in hierdie rubriek in.
(Lang Moen, verhaal, TIER en KAT, kinderverhaaltjie neig ook in die rigting.)
Daaraan sluit ek die rubriek Feërie, Snert?
Daarby ontstaan ‘n nuwe kategorie:
☼
YSLAND
Aansluitend aan die geskiedkundige verhaal Feërie, Snert?,
die resensies die Diepte en Mense en Perde (wat op ‘n manier toon hoe na aan die fëewêreld ons leef en woon!)
☼
VERHALE UIT ALLER WÊRELD:-
Toevallig gaan kyk ek ‘n ou fliek wat ek reeds gesien het . . , en dit laat my
dink aan . . , en dit herinner my aan . . . Drie films uit of oor Israel/Palestina
kom toe naby mekaar uit: My Hart dans, 45 Minute na Ramallah, Hanna
se Reis, waarby nie slegs loofliedere oor die heilige land gesing word nie.
En ook nie net geskel word nie, let wel! Uitgebalanseer, sou ek sê. Daartoe
kan Die Medikus ook getel word.
Aldus:
NA-OOS-VERHALE
☼
Ook VERHALE uit die VERRE-OOSTE
soos Shonagon, Asielsoekende Toeris (gorreltjie), Lang-Moen en Die Keiser se Hoender. Dan nog KAT en TIER, kinderverhaaltjie.
☼
Hierop volg, GROOT VROUENS uit die GESKIEDENIS
met die kort-kortverhaal Shonagon,
die resensies Hannah Arndt, Paula Modersen-Becker, Juffrou Stinnes(Clärenore) wat om die wêreld gery het . . .
☼
Uit EUROPA (Duitsland) EN DIE WÊRELD
kom byvoorbeeld die verhale
oor Veilthin, duitse Plaasname, die Jagverpagter, Stad van die Kinders / Voëls, Moabit, die Sakkeroller, Jan Hellebard, die komeet NOSI en andere wat nog gaan kom.
Maar ook rubrieke soos
Jankovich se gebedskrag, . . .
Asook resensies soos
Toe ek onsigbaar was, wat ook iets bonatuurliks het.
Die meeste titels is om die einde van Januarie of begin Februarie 2017. En die meeste resensies stam uit Europa. (Navolgende toevoegings kom later by verskyningsdatum.)
☼
AFRIKA en (veral) SUID-AFRIKA:-
Daarna volg ‘n reeksie uit (Suid-)Afrika. My eerste skryfsels het die oorskrif gehad: „Toeris in my eie Land” — totdat iemand my daarop gewys het dat iemand anders alreeds die titel gebruik het. In elk geval, ná Jankovich se gebedskrag, sluit volgendes aan:
die resensie, Toe ek Onsigbaar was (bo-natuurlike tema uit RSA),
verhaaltjies die T-sjûûtman se Dogter, Hoe om ‘n nuwe Vriend te kry, Êrens in Namakwaland, die Klap deur die Gesig,
die resensie oor die Gatvolfilm.
Toe kom ook nog een van my eie gunstelinge,
die verhaal Na die Moord. . . Die eerste titels verskyn reeds Februarie, Maart 2017, andere kom nog.
☼
En nou kom skielik ‘n nuwe kategorie, so te sê brandaktueel, ook Maart 2017:
VLUGTELINGE — EUROPESE POLITIEK:-
Eerstmaal drie resensies: Mediterranea, Le Havre en Welcome to Norway. Die film(-resensie) Dan die reën gee ‘n interessante blik op die lewensomstandighede van arm mense in die derde wêreld, wat miskien ook sou wou vlug het . . .
Dan ook nog die artikel Bevolking as Organisme, (waarby ek nog altyd nie die diagramme voltallig geplaas het nie. Maar dit kom, dit kom!)
☼
Geen twyfel nie: Daar kom beslis ‘n kategorie vir
(WÊRELD-)POLITIEK
? (Hou hierdie spasie dop.)
☼
ANDER GROEPERINGS MAG ONSTAAN :–
Dan neem ons die hurde soos dit kom . . .
Origens dit is beslis nie net resensies wat nagedruk word nie. Dit mag wees dat ‘n titel in verskeie indelings val. . . Dan vermerk ek dit maar tweekeer – geen probleem nie.
Hopelik gaan dit goed totdat ek weer sap in my pype mag beleef. Lente kom tog, of hoe?
Groetnis phanToom
(Tussenbemerking: Oei, oei, oei! Aai, Nonna, hy willie ophou nie, dierie winter!!! Se ding.)
ëëëëëëëÏïïïï„„„„„
☼
17e.Januarie2017………..☼☼☼Ö☼☼☼……………………………..tje
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ja, die winter moet mens maar deursien, of jy wil of nie. Gelukkig is dit darem baie meer draagbaar in Suid Afrika :-)