La vita è bella
‘n jongvrou het om middernag
in die strate van Parys
kaalvoet deur die dorp geloop
die lug was koud –
soos ys
haar rok het oor die grond gesleep
(in koningsblou fluweel)
terwyl sy op haar ou kitaar
‘n lank vergete wysie speel
daar was sterre in die hemel
en die maan was ambergoud
al was die nag so donker
en al was die nag so koud
haar hare’t oor haar rug gegolf
(deurvleg met slierte lint)
en die lig van elke straatlamp
het koperglans daarin gevind
*
dit was amper Mei-maand
en die Vrystaatnag – soos ys –
was bittermooi op ‘n herfsaand
om middernag . . .
in Parys
© Carma Shaw
4 Kommentare
-
-

Kiekies
Ek was eers in die strate van Parys in Frankryk, maar toe sien ek ek het verdwaal. Ek moet terugkom. Vrystaat toe. Maar die prentjie wat jy in my gedagtes geskilder het was nog net so pragtig!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
pragtig soos altyd Carma