“#FORMAT C”
Haar stilte
was al wat hy moes hoor
Op daardie oomblik het hy besef
hy het die perfekte een verloor
Hy het gedink hy het gewen…
maanskyn en rose
en woer-woer speletjies
het geen einde geken
Hy het altyd geweet
dat sy weer sal herstel
Nooit besef
dat sy net tyd aftel
Vergeet en vergewe
het sy maar weer
elke keer
die “reset” knoppie gedruk
Nooit het hy besef hy was reeds
n laaste kans gegee
In stede van “reset”
druk sy toe “format C”
(Format C in net soveel beter as #Delete – dit maak n hardeskyf silverskoon)
2 Kommentare
-

Viooltjie
Dis goed gedoen, Loretta :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Liefde in tye van . . . die internet. Of ek so reg daarvan hou, is seker nie so belangrik nie -- ek staan al by die uitgangshek. En ek kan net hoop en wens dat die jongeres daarmee klaarkom. Dis niks vir my nie, maar jy het jou boodskap duidelik oorgebring. En dit goed. Ek wetie, ek wetie, ek wetie. Maar dankie vir die denk-hupstootjie! GvT